OUDTSHOORN NUUS - Die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit (Oudtshoorn, De Rust en Dysselsdorp) se opgraderingsproses om die voorafbetaalde elektrisiteitsmeters by wonings te herprogrammeer laat sekere inwoners kopkrap op hul meter opgradeer is of nie.
Munisipale veldwerkers het besighede en wonings besoek en 'n kode in die bestaande kragmeter ingesleutel.
Die kode sal die bestaande kragmeter (STS) herprogrammeer en inwoners kan dan soos gewoonlik voortgaan om krag te koop en in te sleutel. Die geherprogrammeerde kragmeter sal dan as 'n TID-kragmeter bekendstaan. Alle munisipaliteite is verplig om die proses teen 24 November 2024 te voltooi. Indien 'n woning of besigheid nie hierdie opgradering (herprogrammering) aanbring nie, sal die STS-kragmeter ophou werk en sal die verbruiker nie in staat wees om elektrisiteit aan te koop.
Aurelia Mle, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit noem dat inwoners die volgende stappe kan neem om te kyk of hul meter opgradeer is of nie.
Stappe om te volg
1. Tik die kode *1844 6744 0738 4377 2416* in & druk "enter".
2. As die skerm 2 wys, is u meter opgedateer.
3. As dit 1 wys, moet u meter herkodeer word. In hierdie geval kontak asb die Finansies of Elektrisiteits Department gedurende kantoor ure.
4. Indien u koopkrag meter boks n plakker op het, beteken dit dat u meter reeds opgegradeer is.
5. Wanneer u koopkrag aankope doen, kyk asb na die volgende: Indien u strokies wys KRN 2, beteken dit dat meter reeds opgegradeer is.
Kontak die munisipaliteit
Indien strokie KRN 1 wys, kontak asseblief die Finansies of Elektrisiteits Afdeling gedurende kantoor ure.
Finansiele afdeling: 044-203 3058
Eletrisiteitsafdeling: 044-203 3092
Beheerkamer na ure: 044-203 7800/7801
Vorige artikel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’