Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Inbrekers wat laasnag 'n vertoonvenster by 'n Rage-tak in Hoogstraat gebreek het, het voorraad van meer as R30 000 gesteel.
Die inbraak is vanoggend omstreeks 07:45 ontdek toe personeel van 'n buurwinkel die stukkende ruit opgemerk het.
Volgens die bestuurder is ongeveer 30 pare skoene, 30 handsakke en verskeie skoonheisprodukte gesteel.
Speurders was vanoggend op die toneel en het verskeie vingerafdrukke geneem.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'