Genooide gaste en personeel van CapeNature se oosstreek (George, Oudtshoorn, Kammanassie, Anysberg en Grootvadersbosch) het by die kontrakteurs aangesluit.
Liwa Gunguluza, projektbestuurder in Cape-Nature se Karoo-kantoor sê: "Ons kan hier ook meet in watter mate CapeNature bydra tot werkskepping en armoedeverligting in die streek."
Die kontrakteurs is die geleentheid gegee om hulle stories te vertel. Een van die inspirerende stories is dié van Niklaas Muller, 'n baie besige jong man van Welbedacht, Oudtshoorn.
"Met die geld wat ek ontvang het van my eerste twee CapeNature-kontrakte, kon ek 'n voertuig aankoop. Dit gebruik ek nou om 'n bietjie ekstra te verdien," vertel hy.
"Ek is baie dankbaar vir die geleenthede wat CapeNature aan ons gee, en ek gryp elke geleentheid aan wat ek kry!", spog hy. Nog 'n positiewe verhaal is dié van Jay Mngxu, 'n kontrakteur in George, wat onlangs R5 000 kon skenk aan jeug wat aan sport deelneem.
Aanbiedings deur CapeNature-personeel is gemaak oor CapeNature se korporatiewe kleinsake-ontwikkelingsprogram, programbestuur in oosstreek, die rol van gemeenskapsbewaring, omgewingswetgewing en brand versus indrin-gers. Gaste het aspekte soos besigheidsontwikkeling (Absa), geleenthede by Cape Pine (Cape Pine), begunstigde-dienste (departement van arbeid) en boekhouding (Steyl&Cloete) aangespreek.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.

Brian Human en Christo Jacobs was twee van die kontrakteurs wat die Imbizo bygewoon het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'