OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-munisipaliteit was Dinsdag 23 September die gasheer vir ’n sake- en vaardigheids Imbizo wat deur die adjunkminister van hoër onderwys en ontwikkeling dr. Mimmy Gondwe gelei sal word. Bitou-, George- en die Eden-distriksmunisipaliteit neem deel aan die imbizo.
Die doel van die imbizo is om strategiese vennootskappe tussen plaaslike besighede, munisipaliteite, sektor-opvoeding, opleidingsowerhede en die Suid-Kaap Tvet Kollege in Oudtshoorn te bewerkstellig.
Die geleentheid was spesifiek gerig op jongmense wat werkloos is en nie tans enige opleiding ontvang nie. Verskeie vennote en belanghebbendes vorm deel van die imbizo, insluitend besighede in kleinhandel, finansies, landbou, asook innovasie en tegnologie.
Die imbizo het grootliks ten doel om beide werklose jongmense en studente met opleidings- en potensiële werksgeleenthede te verbind deur hulle direk aan die bedryf en relevante vaardigheidsontwikkelingsinstansies te koppel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’