PRINS ALBERT NUUS - Die program van die Prins Albert-leesfees wat vanaf 30 Augustus tot 1 September in die Showroom-teater aangebied word, beloof om iets vir elke smaak te bied.
Bekende skrywers, digters en musikante soos PP Fourie, Jeanette Ferreira, Stefaans Coetzee, Chris Vorster, Riku Latti, Petronel Baard, Clinton V du Plessis, Sally Andrew en Sidney Gilroy is maar enkele van die deelnemers.
Vir Saterdagaand-vermaak span die digter en skrywer, Hannes Visser, en die talentvolle musikant, Petronel Baard, kragte saam vir die uur lange vertoning, Asemhaal.
Tydens die vertoning sing Petronel van haar eie musiek, asook 'n paar bekende liedjies en die toonsetting van twee van Hannes se gedigte. Hy lees van die gedigte voor en vertel die gedigte se stories.
Die hele program, buiten twee items, word in die pragtige Showroom-teater aangebied. Saterdagoggend, 31 Augustus, kan besoekers vroeg uit die vere klim en na die Kritikomkoppie langs die dorp gaan vir gedigte met sonsopkoms, 'n gratis aanbieding deur digters van die dorp en elders.
Volledige program
Vrydag 30 Augustus
- 17:00 - 18:15 - Opening en oorhandiging van skrywerspryse, alle deelnemers en genooide gaste
- 18:30 - 20:00 - Film: Hans steek die Rubicon oor met gesprek deur vervaardigers Corné en René van Rooyen - kaartjiehouers.
Saterdag 31 Augustus
- 07:30 - 08:30 - Plaaslike digters - Digkuns met sonop by Kritikomkoppie - gratis
- 09:00 - 09:45 - PP Fourie, Hart so groot soos 'n vuis / Ons skulde - Stefaans Coetzee
- 10:15 - 11:00 - Adrew Brown - The bitterness of Olives - Karina Szczurek
- 11:30 - 12:15 - Chris Vorster - Marius Wyers Biografie - Sidney Gilroy
- 12:45 - 13:30 - Clinton V du Plessis - Kaartjies asseblief - René Bohnen
- 14:00 - 14:45 - Sidney Gilroy en Hannes Visser - Bloedsomer en Voorblad - Twee skrywers in gesprek
- 15:15 - 16:00 - Jeanette Ferreira - Die melkweg en die miskruier- Stefaans Coetzee
- 16:30 - 17:15 - Stefaans Coetzee en Anschen Conradie - Sewe keer sondig /Ses ses - Twee skrywers in gesprek
- 18:30 -19:30 - Petronel Baard en Hannes Visser - Asemhaal - gedigte en musiek
Sondag 1 September
- 09:15 - 10:00 - Nigel Peddie en Elizabeth Eksteen, - Journey of a lifetime / Behind the mask - Hannes Visser
- 10:30 - 11:15 - Riku en Jackie Latti - Taboek / Anne van Green Gables - Anschen Conradie
- 11:45 - 13:00 - Sally Andrew - Recipes to die live for - gesprek met ete by Local Roots Restaurant
Beperkte kaartjies beskikbaar
Daar is 'n beperkte aantal sitplekke beskikbaar en vooraf bespreking is noodsaaklik.
Die volledige program van die leesfees is op Prince Albert Leesfees se Facebook-blad beskikbaar en kaartjies kan deur Quicket bespreek word.
Vir navrae kontak Reinie of Hannes by reiniesmit@gmail.com en visserh2@gmail.com.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’