OUDTSHOORN NUUS - Die 44-jarige Howard Spencer Muller, wat op 30 Junie na ‘n kort siekbed oorlede is, is Saterdag tydens sy begrafnisdiens in die Weyers Memorial United Congregational Church in huldeblyke beskryf as ‘n baie begaafde jong man met besondere navolgenswaardige eienskappe.
Heinrich Weyers wat namens ‘n spesiale vriendegroep van sewe, hulde gebring het, sê Muller was ‘n visser van harte.
“Ek sal Howie onthou vir sy bereidwilligheid om te verloor sodat andere kan wen. Hy was ’n spesiale mens. Dit is die individue wat deur hul optrede, hul opregtheid en werklike belangstelling, ‘n wesenlike verskil in jou lewe maak.”
Volgens Weyers het Muller ’n passie gehad vir die kunste en hom as ‘n kreatiewe genie beskryf. Hy was na sy studies aan die universiteit vir sewe jaar senior kuns direkteur by Media24, daarna vir ses jaar assosiaat kreatiewe direkteur by die South China Morning Post en het vanaf 2017 vryskutwerk gedoen.
Lees die volledige berig in die week se Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’