Update
OUDTSHOORN NUUS - Honderde mense het Saterdag die Navada-gemeenskapsaal in Bongolethu volgepak vir die begrafnis van Justin Booysen (30) wat op 17 November in sy huis in Bella Rosasingel, Rosebank doodgeskiet is.
Booysen is deur een van sy susters, Lollita Saptou, in 'n huldeblyk beskryf as 'n vaderfiguur in haar lewe en die mees respekvolle mens wat sy ooit geken het.
Volgens Saptou was haar broer baie streng met haar, maar nooit onredelik nie en is sy vandag nie spyt daaroor nie.
Sy dood is vir haar die grootste onreg wat iemand haar ooit kon aandoen. Sy het haar broer as 'n liefdevolle mens beskryf en dat hy nie verdien het om so wreed te sterf nie.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, as ook aanlyn.
Lees vorige artikels:
- Verdagtes in Justin Booysen-Moordsaak wil nie borg hê
- Borgtogaansoek uitgestel
- Vier verdagtes vas na moord
- Vierde verdagte vas na moord
- Moordsaak vir borgtog uitgestel
- Moordverdagtes Môre voor
- Jong man doodgeskiet
'Ons bring jou die nuutste OUdtshoorn, Klein Karoo nuus'