OUDTSHOORN NUUS - By die Netwerk24 Feeskafee vanoggend was Jody Hendricks in gesprek met Dr.Willie Cilliers, voorsitter van die AHI in die Wes-Kaap, en Chad Louw, burgemeester van Oudtshoorn oor hoe mens 'n dorp red.
Albei sprekers was dit eens dat gemeenskappe politieke verskille moet agterlaat om dorpe te keer.
Munisipaliteite, sakelui, entrepreneurs en lede van die gemeenskap sal moet hande vat en saamwerk aan 'n omkeerstrategie om die verval en agteruitgang, van veral kleiner dorpe soos Oudtshoorn te stuit.
Maar as almal in verskillende rigtings gaan trek en in eie belang optree, sal dit die ineenstorting van die plaaslike ekonomie verhaas.
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
Drie besoekers by vanjaar se KKNK verken die stalletjies en die dorp. Van links: Anthony en Theresa Oliver en Murray la Vita, befaamde rubriekskrywer van Die Burger. Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'