OUDTSHOORN NUUS - AfriForum Oudtshoorn het Maandag 12 Mei die projek #HerstelEnVernel-projek van stapel gestuur. Die projek is ten doel om opknapping en verfwerk in ’n park in Wesbank aan te pak.
AfriForum is reeds sedert 2019 betrokke by die park toe die destydse voorsitter, Johan Conradie, ses bome aangeplant het. Vandag is die bome al mooi groot en die parkie grasgroen.
AfriForum #HerstelEnVersnel is ’n landwye projek onder andere skoonmaakaksies, slaggatherstelwerk en opknapping van terreine insluit. Gedurende 2024 is 194 sulke projekte landwyd onderneem.
Vir die projek waarmee hulle tans besig is word 140m² se muuroppervlak gesel en geverf. Die muur bestaan uit rooi kleibaksteen, vibracrete en sementsteen en sal met die afloop van die projek mooi eweredig geverf wees.
Dit is deel van ’n langtermyn projek om mooi, skoon, veilige en familie-en kindervriendelike areas te skep en onderhou.
Die projek word deur die AfriForum bestuur en uitgevoer. Peter Nimmerhoud is gekontrakteer om met die verfwerk te help.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’