OUDTHOORN NUUS - Die opgeskorte vonnis van 'n man van Bridgton, wat twee maande nadat hy gevonnis is vir diefstal uit ‘n motorvoertuig, weer ‘n misdaad gepleeg het, is verlede week in die Oudtshoorn-landdroshof in werking gestel.
Elton Moos (22) is op 14 Februarie 2020 'n boete van R1 000 of ses maande gevangenisstraf opgelê wat in geheel vir drie jaar opgeskort was.
Hy is egter twee maande later weer in besit van gesteelde goedere betrap.
Die staatsaanklaer, Leandré Rhodes, het die hof versoek om die vonnis in werking te stel omdat Moos nie sy opgeskorte vonnisvoorwaardes nagekom het nie.
Landdros Vaughn Shone het in sy uitspraak gesê dat opgeskorte vonnisse nie om dowe neute opgelê word nie en die versoek van die staat toegestaan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'