OUDTSHOORN NUUS - Tydens ‘n raadsvergadering op Woensdag 30 November is Walter Hendricks as munisipale bestuurder van Oudtshoorn aangestel.
Die aanstelling is gedoen na afloop van ‘n keuringsproses wat reeds in Oktober begin het nadat aansoeke vir die pos ontvang is.
‘n Keuringspaneel wat uit die burgemeester en drie raadslede saamgestel is, het die keuringsproses bestuur tot met die saamstel van ‘n kortlys.
Daarna is onderhoude met die kandidate op die kortlys gevoer. Die onderhoude is opgevolg met ‘n teorietiese sessie. Behalwe vir die raadslede, was die munispale bestuurder van Mosselbaai asook ‘n werwingspesialis, deel van die paneel.
Na afloop van die proses het die paneel konsensus bereik dat Hendricks die mees geskikte kandidaat is en aan die raad voorgelê vir goedkeuring.
Die burgemeester is tans in gesprek met Hendricks ten opsigte van die dienskontrak en die datum waarop hy in die pos sal begin, wat waarskynlik 1 Januarie 2023 sal wees.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'