Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Verkeersbeamptes wat op drie plekke tussen Oudtshoorn en die Outeniquapas staan kry die wind van voor met sommige motoriste.
Dit blyk dat haastige motoriste wat nie kans sien om die ompad oor die Robinsonpas te neem nie, met verkeersbeamptes stry omdat die pad gesluit is. Dit is veral beamptes net buite Oudtshoorn wat dit ontgeld.
"Mense glo ons nie as ons verduidelik dat die pas gesluit is nie. Hulle wil tot daar ry en self seker maak," het een van die beamptes gesê.
By die tweede punt waar die Oudtshoornpad by die Georgepad aansluit moes 'n beampte ook bontstaan om die bestuurder van 'n silwer Mercedes met 'n CG registrasienommer, keer om die pad te gebruik.
Die rook op die pas aan Waboomskraal se kant, is baie dig en op plekke woed die brand aan beide kante van die pas.
Kyk 'n video hieronder
Rook op die Outeniquapas.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'