OUDTSHOORN NUUS - Hierdie krokkedil-leerhandsakke is onlangs by African Art Gallery gesteel.
Die waarde van diè items is gesamentlik R35 000. Daar is ook drie ander volstruis-leerhandsakke ter waarde van R8 000 gesteel.
Volgens die polisie is toegang tot die gebou verkry deur 'n venster oop te breek.
Vir enige inligting kan sers Flemmer by 0833117231 gekontak word.
Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'