Update
OUDTSHOORN NUUS - Dawie Witbooi, die bekende groentesmous wat verlede week kennis gekry het dat hy sy stalletjie naby Checkers na 30 jaar moet ontruim vir ontwikkelling, het vanmiddag die goeie nuus van Century Estate (verhuurders) ontvang dat hy mag aanbly.
Raymie Alberts, woordvoerder van Century Estate, het gesê dat hierdie besluit nie ligtelik geneem is nie.
"Ons het die naweek met al die relevante partye soos die eienaar van die perseel samesprekings gehou sodat ons 'n oplossing vir die probleem kan vind waarby almal kan baat," het hy gesê. "Ek en my ouers by Century Estate verrig ook 'n diens vir die gemeenskap vir donkiejare en ons filosofie is dat met deeglike kommunikasie, enigiets opgelos word.
"Soos per ons ooreenkoms met die eienaar, mag Oom Dawie vir solank as wat ons die verhuurders is, op die sypaadjie sake doen. Sy maandelikse huurgeld sal ook voortaan aan ons betaal word en soos hy reeds doen, moet sy gedeelte pynlik netjies gehou word. Ons wens hom alle sterke toe en hoop om nog vele jare saam te loop."
Dawie Witbooi was sigbaar verlig en dankbaar dat sy voortbestaan op die hoek by Checkers nou verseker is: "Ek wil uit die diepte van my hart die gemeenskap bedank dat hulle my met dié kennisgewing geondersteun het. Ook Oudtshoorn Courant se berriggewing in my uur van nood word hoog op die prys gestel deur ek en my gesin."
Vorige artikel: Groentesmous moet na 30 jaar ontruim
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'