OUDTSHOORN NUUS - Griffies (Laerskool van Reede) en Struisies (Hoërskool Oudtshoorn) se trompoppiespanne het Saterdag by die De-Jagers sportkompleks skoonskip in hul onderskeie afdelings by die SWD se tweede trompoppietoernooi van die jaar gemaak.
Altesaam 14 spanne het deelgeneem aan dié toernooi wat vier junior primêr, vyf laerskool- en vyf hoërskoolspanne ingesluit het.
Die stadion was regdeur die oggend - en middag sessies volgepak met ondersteuners wat hul spanne luidkeels toegejuig het. Tydens die toernooi was daar in Pom / Non Prop Group, Flag group, Mace Group, Small Drill, Large Drill en Baton group kategorieë meegeding. Die spanne wat in die Baton group deelgeneem het was beoordeel volgens internasionale standaarde.
Die volgende SWD-trompoppietoernooi sal op 1 Junie by die De Jager-sportkompleks plaasvind. By hierdie toernooi sal die spanne aangekondig word wat later vanjaar by die SAMCA nasionale trompoppie kampioenskappe gaan deelneem.
Die spanne wat reeds gekwalifiseer het om die elite-afdeling deel te neem is Laerskool Van Reede, Sacred Heart, Hoërskool Oudtshoorn en Bridgton Sekondêr.
Spanlede van Colridge Primêr in aksie.
Volgens die hoofbeoordelaar, Ronald Presher, was die beoordelaars omtrent beindruk met die hoë gehalte vertonings wat Saterdag deur die spanne opgedis is.
Presher het ook voornemende trompoppie of cheerleadingspanne aangemoedig om die SWDMCA se kantore te kontak by tbothma@vanreede.co.za. Persone wat as beamptes betrokke wil raak is ook welkom.
Spanlede van Dysselsdorp Primêr in aksie.
Saterdag se uitslae is as volg:
Junior Primary Small Drill
- Van Reede (1ste)
- Dysselsdorp (2de)
- Saturnus (3de)
Primary Small Drill
- Van Reede (1ste)
- Sacred Heart (2de)
- Colridge (3de)
Primary Large Drill
- Van Reede (1ste)
- Sacred Heart (2de)
- Colridge (3de)
Primary Baton
- Van Reede (1ste)
- Sacred Heart (2de)
Primary Pom / Non Prop Group
- Van Reede (1ste)
- Sacred Heart (2de)
- Colridge (3de)
Primary Flag Group
- Van Reede (1ste)
- Sacred Heart (2de)
- Colridge (3de)
Primary Mace Group
- Van Reede (1ste)
- Sacred Heart (2de)
- Colridge (3de)
High Small Drill
- Oudtshoorn High (1ste)
- Bridgton Senior Sekondêr (2de)
- Môrester (3de)
Spanlede van Sacred Heart in aksie.
High Large Drill
- Oudtshoorn High (1ste)
- Bridgton Senior Sekondêr (2de)
- Môrester (3de)
High Baton
- Oudtshoorn High (1ste)
- Bridgton Senior Sekondêr (2de)
- De Rust (3de)
High Pom / Non Prop Group
- Oudtshoorn High (1ste)
- Bridgton Senior Sekondêr (2de)
- Môrester (3de)
High Flag Group
- Oudtshoorn High (1ste)
- Bridgton Senior Sekondêr (2de)
- Môrester (3de)
High Mace Group
- Oudtshoorn High (1ste)
- Bridgton Senior Sekondêr (2de)
- Môrester (3de)
Spanlede van PJ Badenhorst in aksie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'