Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Klein Karoo Medi Clinic, Pathcare, CHOC, Er24, Dept Gesondheid, DKMS Africa, Pediatric Care, CHOC, Kansa en die Bloedbank is van die gesondheidsorganisasies wat vandag, Vrydag 9 Mei deelneem aan'n gesondheidsorgdag wat gefasiliteer word deur Oudthoorn-munisipaliteit in die Banketsaal by die munisipaliteit.
Inwoners kan gratis mediese toetse soos bloeddruk en suiker laat neem, asook waardevolle gesondheidsadvies kry by die onderskeie uitstallers.
Inwoners word aangemoedig om die geleentheid by te woon by die Banketsaal wat tot 17:00 sal duur. Die bloedbank nooi veral inwoners om bloed te gaan skenk.
Saterdag 10 Mei gaan ‘n voertuig konvooi gevorm word wat sal vertrek vanaf die CJ Langenhoven Biblioteek. Dit staan bekend 'Kom ons skree vir kanker'.
Die groep gaan aflsuit by die Moederkerk in Oudtshoorn.
VIDEO:
Fotogalery: Gratis gesondheisorgdienste en -advies by munisipaliteit aangebied.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’