OUDTSHOORN NUUS - Rolspelers vanuit Oudtshoorn het Sondag 12 Oktober uitgereik na inwoners in Stolsvlakte met ’n besoek waartydens kos uitgedeel is waaronder vrugte.
Phillip Seroux, GPF-voorsitter het kortliks met inwoners oor misdaad gesels en gefokus op gesinsgeweld.
“Ouerleiding is noodsaaklik vir kinders om die regte pad te stap en nie met misdaad betrokke te raak nie.”
Enricus Gysman van EdenFM het die plaasgemeenskap aangemoedig om alle geleenthede wat oor hul weg kom aan te gryp.
Hy het beklemtoon dat plaaswerk nie die enigste werk is nie en dat daar heelwat ander geleenthede is.
Daar is gesellig gekuier oor ’n koppie warm sop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’