OUDTSHOORN NUUS - Die SA Jagters Oudtshoorn hou Saterdag 28 September 'n Viper Bullets Black Jack-gong skietgeleentheid 16 km buite Oudtshoorn op die Mosselbaai-pad.
Volgens Rob Fisher word die geleentheid by Hein Schoeman aangebied.
Daar gaan verskillende grootte gonge wees wat op 400 m geskiet gaan word en elke grootte tel punte. Daar gaan ook 'n gewone skietuitdaag op die .22-gongbaan wees van 50 m tot 200 m.
Daar sal koeldrank en water te koop wees.
Die dag begin om 07:30. Inskrywingsgelde beloop R200 per persoon en sluit 'n braaipakkie in.
Vir meer inligting kontak Fisher by 083 284 8462.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’