Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - Die Eden Golden Games vind vandag, Dinsdag 29 Augustus, op die De Jager-sportterrein in Oudtshoorn plaas.
Verrigtinge het om 08:30 met 'n fiksheidstoets begin.
Na die toets sal burgemeester, Colan Sylvester, die spele amptelik open.
Daarna sal die Eden-distriksmunisipaliteit se burgemeester, Memory Booysen, aan die woord wees.
Na afloop van die sportprogram sal die Eden-span aangekondig word.
Kyk 'n video hier:
Oudtshoorn se Golden Games-span.
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO'S: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT JOERNALIS
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'