OUDTSHOORN NUUS - Volgens die Oudtshoorn munisipaliteit het daar 36mm reën die afgelope ongeveer 18 uur in die opvangsgebied van die Raubenheimerdam geval.
Alhoewel die dam nog nie noemenswaardig gestyg het nie word daar verwag dat water binne die volgende aantal dae uit die opvangsgebied in die dam sal inloop.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'