OUDTSHOORN NUUS - Noag, Langenhoven Gimnasium se skoolbus, was Woensdagaand 16 April in n ongeluk betrokke met hul terugkeer van Riversdal.
Alewyn Vorster, skoolhoof van Langenhoven Gimnasium was in gesprek met ouers rakende die insident.
"Ek sit met groot dankbaarheid en skryf hierdie brief vir u in verband met 'n bostsing waarin een van ons busse gisteraand betrokke was. Die Here se hand van bewaring was oor ons geliefde bus Noag en al sy insittendes.
Daar is baie stories wat rondgaan en ek het dit goed gedink om vir u kortliks die korrekte inligting te gee. Noag (Skoolbus) was gisteraand op pad terug vanaf Riversdal met 'n groep leerders wat aan 'n sportdag by Hoërskool Langenhoven deelgeneem het.
'n Bakkie wat van voor gekom het, het in 'n stilstaande trok se waentjie vasgery. Die bakkie het toe oor die pad gespring en die skoolbus getref.
Ten spyte daarvan dat die bakkie baie beskadig is, het die bestuurder slegs met 'n paar skrape uitgeklim. 'n Ambulans, wat toevallig agter ons bus gery het, kon dadelik die bestuurder van die bakkie help. Ons is baie dankbaar dat daar niemand in die botsing beseer is nie.
Noag kon veilig verder ry en het al ons leerders veilig terug besorg in Oudtshoorn. Ek wil ook baie dankie sê vir Henk, die busbestuurder, wat mooi kop gehou het en nie met die bus uitgeswaai het nie.
Hy het die bus mooi in die pad gehou nadat dit deur die bakkie getref is.
Ek weet ook dat dit vir 'n kind kan traumaties wees om in so 'n botsing betrokke te wees en ons sal as skool ook met ons omgee hart ons hulp aan hulle bied.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’