OUDTSHOORN NUUS - Die kantoor van die burgemeester tesame met verskeie rolspelers vanuit die gemeenskap het ’n Kanker-bewusmakingsdag op 9 Mei in die banketsaal by Oudtshoorn-munisipaliteit aangebied.
Verskeie groot gesondheidsinstansies het deelgeneem aan die dag en het groot byval by die publiek gevind.
Gratis dienste is aan die gemeenskap gelewer wat ingesluit het bloeddruk- en suikertoetse asook borsondersoeke.
Die gemeenskap het ook advies ontvang oor finansiële beplanning, testamente en polisse. Die IEC was ook teenwoordig om inwoners te help om te registreer vir volgende jaar se verkiesing.
Volgens Demorian Apollis het meer as 200 inwoners die dag bygewoon.
Saterdag 10 Mei is ’n voertuigkonvooi deur die dorp wat vanaf die CJ Langenhoven-biblioteek vertrek het vir kankerbewusmaking.
Fotogalery: Gratis gesondheidsdienste-en advies by munisipaliteit aangebied
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’