OUDTSHOORN NUUS - Sowat 60 koorlede van Sone 2 van die Outeniqua UCCSA-streek het die afgelope naweek 'n baie geslaagde musiekbediening-konferensie by die Dysselsdorp United Congregational Church bygewoon.
Die koorlede was almal afgevaardigdes van die United Congregational Church van Dysselsdorp, Bridgton, Oudtshoorn, Weyers Memorial en Harry J Blazey in De Rust.
Die konferensie sou oor vier dae plaasgevind het, maar is aangepas en verkort tot twee dae.
Saterdag se werksessie het die volgende aktiwiteite ingesluit: deelname van die afgevaardigdes oor musiekteorie, liggaamlike en vokale opwarming, koordissipline met lekker interaktiewe deelname van die lede en terugvoer oor verwagtinge wat gekoester word vir koorlede en koorleiers.
Daar was ook praktiese sessies waar die huidige sameroeper van die streek se musiekbediening, Brianal Lewis, die afgevaardigdes gelei het deur sangstukke waarvan sommige by die Sondagdiens gesing is.
Ander koorleiers is die geleentheid gebied om ook die afgevaardigdes se koorsang te lei en te reflekteer vir verbetering.
Die werksessie is ondersteunend behartig deur Brianal Lewis, Sue-Lanya Ewerts en John Theodore.
Die nuut verkose bestuur van die musiekbediening is Nella Lewis van die Dysselsdorp (sameroeper), Christine Campher van Dysselsdorp (sekretaresse), Sharon Barends van Bridgton (tesourier), Sue- Lanya Ewerts van Oudtshoorn (musiekontwikkelingsbeampte) en Brianal Lewis van Dysselsdorp (voormalige sameroeper).
Die konferensie is Sondag met 'n kerkdiens deur ds. Donovan Jacobs, nuwe leraar van die Dysselsdorp United Congregational Church, afgesluit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’