Update
OUDTSHOORN NUUS - 'n Gedeelte van die N12 by die gholfbaan in Oudtshoorn is gesluit as gevolg van 'n betoging.
Inwoners van Hopeville dring daarop aan dat 'n amptenaar van die munisipaliteit met hulle kom praat oor die tenderproses waarvolgens 'n nuwe maatskappy toilette aan die gemeenskap sal verskaf.
Hulle eis dat die huidige diensverskaffer moet aanbly.
Vorige artikel: Inwoners ontevrede oor mobiele toilette
Tydens 'n mediavergadering vanoggend het die waarnemende munisipale bestuurder gesê die huidige diensverskaffer se kontrak van drie jaar loop tot 'n einde en 'n tenderproses is gevolg om 'n diensverskaffer vir die volgende periode aan te stel.
Die huidige diensverskaffer het weer saam met ander maatskappye getender, en die tender is aan 'n ander maatskappy toegeken wat op 1 September met dienslewering moet begin.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'