OUDTSHOORN NUUS - 'n Groep ontevrede inwoners het hulle voor die Oudtshoorn-munisipaliteit tuisgemaak en weier om te loop voordat iemand by die munisipaliteit met hulle praat oor die rede waarom hulle die kontrak met Top Loos wil opskort en mobiele toilette van 'n ander maatskappy in die informele gemeenskappe wil gebruik nie.
Volgens Zyna Mduma, 'n inwoner van Hopeville, 'n informele nedersetting in Oudtshoorn, is hulle ook nie geken in die saak dat iemand anders die tender van die mobiele toilette in die informele nedersettings gaan kry nie.
"Top Loos se diens is fantasties en hulle toilette is netjies. Ons het gesien hoe die toilette lyk wat van die ander plek af kom. Dis vieslik. En wat gaan van die mense word wat werk vir Top Loos. Hulle is dus hulle werk kwyt."
Volgens haar is die ontevredenes inwoners van al die informele nedersettings in Oudtshoorn.
"Ons wil dit op 'n kalm manier uitpraat, maar hulle [munisipaliteit] wil nie met ons praat nie."
Foto's: Liezl van NIekerk
14:10 - Die inwoners blokkeer die ingange na die munisipale gebou.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'