OUDTSHOORN NUUS - Plaaslike vrywilligers, lede van CapeNature, asook munisipale werkers het op Donderdag 24 Oktober hande gevat en vullis verwyder uit die Black Joint-woongebied in Oudtshoorn.
Ambrose Carelse, omgewingsbeampte van die Oudtshoorn-munisipaliteit verduidelik dat die gemeenskapsprojek deur die departement van sosiale ontwikkeling van stapel gestuur is.
"Die projek het oor meer gehandel as om net vullis op te ruim. Daar is ook probeer om 'n sin van verantwoordelikheid tuis te bring om sodoende 'n langtermyn verandering mee te bring."
'n Span van CapeNature het die taak saam met die vrywilligers aangepak en 78 sakke vullis is in die woongebied opgeruim.
"Skoonmaakdienste sal in die week die areas wat nie skoongemaak kon word nie, skoonmaak."
'n Span van die parke-afdeling het plantegroei uitgekap en gesnoei om verder te verseker dat die woongebied netjies is.