OUDTSHOORN NUUS - Sy was 'n vrou vir wie jy deurentyd op jou tone moes wees omdat sy nie nonsense verdra het nie, en nie geskroom het om vir haar regte te baklei nie.
So is Busisiwe Nana (43), 'n tolk in die Oudtshoorn-landdroshof vir die afgelope 12 jaar, verlede Donderdag tydens 'n roudiens in die hof deur die hooftolk Vuyo Klaasen, beskryf.
Nana, by almal bekend as Busi, is op 9 September na 'n kort siekbed oorlede.
Pastoor Zoe Tyatya het Nana se familie na aanleiding van Genesis 24:25 getroos.
Advokaat Michelle Weyers het namens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) medelye met Nana se familie betuig en gesê dat sy 'n unieke persoon was met wie jy nie kanse moes vat nie.
Sy was 'n toegewyde en hardwerkende persoon wat selfs toe sy siek was nie maklik van die werk weggebly het nie.
Sy het 'n paar jaar ook as tolk in Beaufort-Wes gewerk en het dikwels geryloop om daar te kom.
Familie en kollegas van Busisiwe Nana, verlede Donderdag tydens ‘n roudiens in die Oudtshoorn-landdroshof. Foto: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'