OUDTSHOORN NUUS - Die Dysselsdorp-polisie ondersoek 'n klag van strafbare manslag na Henrico (Rico) Plaatjies (38), 'n geliefde petroljoggie by Total Swartberg, en sy suster Marisa (29 ) in 'n ongeluk op die N12 gesterf het.
Henrico en Marisa se broer, Connery en Jestine, Rico se vrou, was ook in die voertuig. Hulle het die ongeluk oorleef.
Volgens lt.kol. Malcolm Potjie, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het die ongeluk op die N12 tussen Dysselsdorp en De Rust gebeur.
Volgens hom was die VW Golf waarin die oorledenes was, en 'n Toyota Hilux beide in Oudtshoorn se rigting onderweg toe die ongeluk plaasgevind het.
"Die Toyota het van agter in die Golf vasgery. Een insittende in die Golf is met ernstige beserings na die hospitaal geneem terwyl nog 'n insittende op die toneel behandel is. Die 22-jarige bestuurder van die bakkie het ook ernstige beserings opgedoen en is ook na die hospitaal geneem."
Pojie sê 'n klag van strafbare manslag word ondersoek.
Lees die volledige berig in die week se Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’