OUDTSHOORN NUUS - Die ou Ton's Sport, is verlede week amptelik as Gearup geopen.
Sowat 100 gaste het die geleentheid by die perseel van die fiets- en sportwinkel in die Queen's Mall bygewoon.
Louis Fourie, direkteur van Synergy Four wat Gearup besit, is die winkel 'n Giant-konsepwinkel.
Giant is een van die voorste vervaardigers van fietse in die wêreld.
Die ander direkteure van Synergy Four is Henco Rademeyeer, Hein Jonker, Carel Herholdt, Bernard le Roux en Brandon Iverach.
Die nuwe Gearup winkel het 'n groot voorraad fietse van topvervaardigers en bybehore vir elke fietsryer se behoefte asook 'n goed ingerigte werkswinkel.
Behalwe vir fietsverkope en -diens het hulle ook 'n wye reeks sporttoerusting.
Die span van Gearup is, van links: Braam Wannenburg, Stephan Cornelissen, Danielo Kamfer, Mario MacLeod en Franklin Maart.
Louis Fourie, besturende direkteur van Synergy Four, verwelkom gaste tydens Gearup se amptelike opening.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'