Update
OUDTSHOORN NUUS - 'n Lewelose fetus is verlede Donderdag in Neppon omstreeks 08:00 deur 'n veertienjarige seun in 'n deurloopstegie ontdek.
Baie inwoners maak gebruik van hierdie stegie, met die goedkeuring van die huiseienaars, om in Petunialaan te kom omdat dit nader is met dié roete.
Die seun het aan die Oudtshoorn Courant vertel dat hy die lewelose fetus ontdek het toe hy op pad winkel toe was.
Hy het eers gedink dat dit dalk 'n dooie welpie van 'n kat of hondjie is. Toe hy egter nader ondersoek instel en sien dat die liggaam bene en arms het. Hy dadelik sy ma ingelig.
"Ons is toe na tannie Ronea Afrika se huis om haar ook te vertel." Afrika sê dat sy dadelik die polisie ontbied het.
"Die polisie was binne 'n halfuur op die toneel met die forensiese-eenheid wat ook na 'n rukkie opgedaag het."
Volgens Afrika het die forensiese-eenheid dié fetus op die toneel dood verklaar en ook as 'n menslike fetus geïdentifiseer wat sowat vier maande oud is.
"Alhoewel ek as ma nie bewus is van die omstandighede van die fetus se moeder nie, was dit nogtans 'n hartseer prentjie om te aanskou", het Afrika gesê.
Lees 'n vorige aritkel: Liggaam van fetus ontdek
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'