Breaking News
OUDTSHOORN NUUS - Die erg ontbinde liggaam van ‘n vrou is Maandagoggend 12 Januarie ongeveer 07:00 in ‘n oop veld langs die R328 in Oudtshoorn gevind.
Volgens inligting wil dit blyk of die liggaam by Spekkop gevind is.
Adjudant-offisier Chris Spies, polisiewoordvoerder vir die Suid-Kaap het bevestig dat Oudtshoorn-polisie uitgeroep is na die toneel. “Voorlopige ondersoek het bevestig dat dit die liggaam van ‘n vrou is en sal ‘n nadoodse ondersoek die week gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal.”
Die identiteit van die vrou is tans nog nie bekend nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’