Daar is ook meer vertel oor die geskiedenis en ontstaan van die Vrymesselaars wat so ver terug dateer as 27 November 1879 toe die eerste vergadering by Julius Ascher se huis gehou is.
Op 4 Maart 1885 het 43 lede van die losie 'n optog in hul regalia vanaf Gert Olivier se huis tot by die St Jude's waar die broeders 'n erediens bygewoon het voordat hulle die eerste losie in Hoopstraat betrek het.
Herbert George Hicks was die eerste meester van die Losie.
CJ Langenhoven is op 16 April 1912 in die Cango Lodge geïnisieer.
Uitstalling
Die geskiedkundige klipgeboue van Oudtshoorn is deur die Skotse klipkappers gebou. So is die kliphuise van die kliplokasie, die mure en krale in ons omgewing weer deur inheemse mense met dieselfde passie geskep.
Daarom is dit ook gepas dat klipwerktuie verteenwoordigend uit die verskillende steentydperke deel van die uitstalling sal uitmaak.
'n Skenking deur dr. Judy MGuire, afgetrede paleontoloog, het die versameling 'n hupstoot gegee.
Die Potskerf Inheemse Navorsingsmuseum, wat ook in dieselfde gebou gevestig is, is ook aan die Erfenisvereniging bekendgestel.
Tydens die bekendstelling het Poem Mooney, bekende skrywer en digter asook hoofman van die Attakwa, die onlosmaaklike interafhanklikheid van ons verskillende kulture beklemtoon: Die gemeenskaplike faktor is klip.
.jpg)
Poem Mooney aan die woord in die Potskerf Inheemse Navorsingsmuseum. Foto: Hans du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'