OUDTSHOORN NUUS - Eljada Nasorg, 'n sorgsentrum vir volwasse persone met gestremdhede, doen 'n beroep op plaaslike besighede en inwoners om hulle te ondersteun met hul Toiletware-wenslysieprojek.
Die sentrum versorg tans 99 inwonende volwassenes met gestremdhede, waarvan sommige geen ondersteuning van familie het nie en volledig van Eljada Nasorg en die gemeenskap afhanklik is vir hul daaglikse versorging.
Volgens die bestuur van Eljada is die doel van die projek om voldoende toiletware vir die inwoners te hê, veral met die Kersseisoen wat naderkom.
Die items wat tans die dringend-ste benodig word, is:
- Toiletpapier
- Sjampoe
- Tandepasta
- Onderarmsproei vir mans en vroue
Skole, besighede en individue wat graag 'n bydrae wil lewer, word aangemoedig om teen einde November hul skenkings by Eljada Nasorg in Victoriastraat of Oudtshoorn Courant se kantoor in Voortrekkerweg af te lewer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’
 
                 
                     
                    
                    
                    
                    
                    
                 
                             
                         
                         
                 
                 
                 
                 
             
                 
                                     
                                     
                                     
                                     
                                 
                                         
                                         
                                         
                                         
                                     
                                         
                                     
                                     
                 
                         
                                 
                                 
                                 
                                 
                                 
                                 
                                