OUDTSHOORN NUUS - Eljada Kairos Skool in Oudtshoorn spog met ’n splinternuwe skoolbus wat spesiaal aangepas is om leerders in rolstoele veilig en gerieflik te vervoer.
Volgens die skoolhoof, Hennie Baartman, beteken dié nuwe toevoeging ongelooflik baie vir die skoolgemeenskap.
“Ons kan nou vier leerders in hul rolstoele vervoer, asook vier passasiers wat hulle kan bystaan. Die Wes-Kaapse departement van onderwys het die bus aan die skool geskenk, en dit is spesiaal aangepas met ’n hysmeganisme om rolstoele veilig in die voertuig op te lig,” het Baartman gesê.
Hy het beklemtoon dat die gerief en veiligheid van die skool se PID (Profound Intellectual Disability)-leerders vir die skool van uiterste belang is.
“Die gemak en veiligheid van ons PID-leerders bly vir ons ’n prioriteit,” het Baartman bygevoeg.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’