Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Een van vier insittendes van 'n Bantam bakkie is lig beseer toe die bakkie vroeër vanaand omgeslaan het.
Volgens die bestuurder was hulle vanaf hulle huis naby die Bergoord na Oudtshoorn onderweg om 'n familielid in die hospitaal te besoek.
Sowat 10 km voor Oudtshoorn het hy vir 'n klip in die pad uitgeswaai en die pad verlaat.
Die bakkie het 'n grondwal getref en omgeslaan.
Kyk 'n video hieronder:
Die bakkie het 'n grondwal getref en omgeslaan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'