OUDTSHOORN NUUS - Jaques Dyason het verlede Saterdag die 11de Oudtshoorn virtuele parkrun se vinnigste tyd behaal toe hy die 5 km-wedloop in 'n tyd van 22:57 voltooi het.
Dit was ook Dyason se persoonlike vinnigste tyd wat hy al oor die afstand voltooi het.
Tarryn Jullies was soos verlede week wéér in die tweede plek gevolg deur Francois le Roux wat in die derde posisie klaargemaak het.
Saterdag se tye:
- Jaques Dyason - 22:57
- Tarryn Jullies - 25:10
- Francois le Roux - 25:13
- Conrad Jullies -25:41
- Albertus Kennedy - 26:18
- Johann Coetzer - 27:24
- Reghardt Wolmarans - 27:38
- Leaticia Wolmarans - 27:39
- Bart Saaiman - 28:50
- Abraham Hendricks - 29:01
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'