OUDTSHOORN NUUS - As bydrae tot hulle 67 Mandela-minute het vier raadslede "virtuele" drukkies van skoolleerders aan bejaardes afgelewer.
Volgens Chris McPherson het hulle skole genader om kaartjies te teken met boodskappe aan bejaardes wat in tehuise vasgekluister sit.
By Tuishuis en Gottland-huis het hulle kaartjies afgelewer met boodskappe van leerders van Laerskool Wesbank.
In die boodskap word 'n drukkie aan elke inwoner belowe wat "later" gegee sal word as die inperking verby is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'