Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Fiat Uno en Volkswagen Jetta het mekaar omstreeks 15:00 vanmiddag by die kruising van Bloemstraat en Langenhovenweg getref.
Dit blyk dat die Uno vanaf die dorp se kant met Langenhovenweg onderweg was toe die Jetta voor hom ingedraai het.
Met die slag, het die Jetta 'n Toyota Fortuner wat by die stopstraat gestaan het, getref.
Niemand is beseer nie, maar die Uno is ernstig beskadig.
Kyk 'n video hieronder:
Dit blyk dat die Uno vanaf die dorp se kant met Langenhovenweg onderweg was toe die Jetta voor hom ingedraai het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'