Update
OUDTSHOORN NUUS - Drie verdagtes is vanmiddag naby George vasgekeer na ‘n rooftog by die Atlantic Oil-vulstasie in Bridgton, Oudtshoorn vanoggend.
‘n Fidelity Cash Solutions-geldwa is tydens die rooftog van ‘n onbekende hoeveelheid kontant beroof.
Ooggetuies het glo drie mans met balaklawas uit 'n Toyota Conquest gesien spring waarna die geldwa, wat geld by die vulstasie se FNB OTM wou aflewer, beroof is.
Kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het bevestig dat drie verdagtes sowat ‘n halfuur gelede by die afdraai na Blanco in George vasgetrek is.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
Lees 'n vorige artikel: Rowers teiken geldwa
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'