OUDTSHOORN NUUS - Dertien tennisspelers van Eden, waaronder drie van die Wesbank-tennisklub, is gekies vir die Wes-Kaapse spanne wat van 02 tot 6 Oktober in Somerset-Wes aan die Suid-Afrikaanse Interprovinsiale spantoernooi gaan deelneem.
Danie Steyl, Elmarie Lategan en Garnett Wicomb gaan Oudtshoorn verteenwoordig.
Guillaume Oberholster, Adam Myburgh, Pietman Mostert, Mark Fletcher, Hein de Ridder, Elana Alberts, Debra Hyde, Antonette du Preez, Thea Malherbe en Monica Herholdt het ook die span gehaal.
Spanne van regoor die land sal oor die vyf dae in verskillende afdelings mekaar die stryd op die tennisbaan aansê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’