Update
OUDTSHOORN NUUS - Dysselsdorp-polisie ondersoek ‘n saak van strafbare mansslag na die noodlottige ongeluk wat Donderdagmiddag 18 Desember op die N12 na De Rust na die Dysselsdorp afdraai plaasgevind het.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder het nooddienste ongeveer 18:00 gereageer nadat daar ‘n tromp-op botsing aangemeld is.
“Drie persone het omgekom in die ongeluk. Met aankoms van die polisie is drie persone met ernstige beserings gevind en deur paramedici op die toneel dood verklaar. Een ander persoon het veelvuldige beserings opgedoen en is na die naaste hospitaal geneem vir mediese behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.”
Volgens ‘n betroubare bron is die oorledenes en beseerde persoon vakansiegangers en nie plaaslike inwoners nie.
Motoriste word gemaan om veilig te bestuur, veral gedurende die besige feesseisoen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’