OUDTSHOORN NUUSFLITS - Dragons het Sondag 19 November Oudtshoorn se eerste Domino superbekerkompetisie gewen.
Hulle het in die eindstryd teen Tornado's te staan gekom en 'n titaniese stryd met 72-65 gewen.
Die kompetisie is geïnisieer deur die Oudtshoorn-domino vereniging.
Volgens Jonothan Moos, voorsitter van dié vereniging, beoog hulle om die kompetisie voortaan jaarliks aan te bied.
Tien spanne, Dragons, Tornado's, United Warriors, Golden Stars, Silver Town United, Neppon Warriors, Duduza, Rooikatte, Lazers en Rottweillers. het aan Sondag se kompetisie deelgeneem.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'