OUDTSHOORN NUUS - Wyle Dr David Piedt sal op Vrydag 31 Julie veras word.
Daar sal nie dadelik 'n formele begrafnisdiens gehou word nie aangesien Piedt se twee dogters tans in die buiteland is.
Sodra daar duidelikheid oor hul moontlike terugkeer na Suid-Afrika is, sal 'n besluit oor die begrafnisdiens geneem word.
Piedt was een van die stigterslede van die KKNK en 'n opvoedkundige en gemeenskapsleier van formaat. Hy is sowat ‘n week gelede in die hospitaal opgeneem met Covid-19.
Die Volkskerk van Afrika en Laerskool Colridge in Oudtshoorn beplan om môre 'n deurry-parade te hou waartydens blomme voor Piedt se woning afgelewer sal word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'