OUDTSHOORN NUUS - Elizabeth Eksteen, 'n jong skrywer van De Rust, bied op 9 Augustus, op Vrouedag, 'n digslypskool spesiaal vir vroue by Wild Bohemian Café in Oudtshoorn aan.
Eksteen het verlede jaar haar eerste boek, Behind the Mask, bekendgestel. Volgens haar wil sy graag ander vroue help wat wil leer dig.
"Digkuns is iets spesiaal. Dit het vir my so baie gedoen op 'n emosionele vlak. Ek wil vroue help en leer om idees vir gedigte te genereer en hul gevoelens te verwoord. Daar is soveel maniere om dit wat jy sien en voel uit te druk.
"Daar is soveel beskrywende woorde waarin beelde omskep kan word. Jy kan gebruik maak van alliterasie en beeldspraak. Ek wil graag mense leer hoe om hierdie aspekte van digkuns te benut, asook die unieke tegnieke te deel wat ek self oor die jare ontwikkel het."
Sy gaan 'n soortgelyke kursus later by die Muse-fees in Groot-Brakrivier aanbied.
Belangstellendes kan haar voor of op 5 Augustus by eksteenelizabeth1@gmail.com kontak vir meer inligting.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’