Video
Opvolg @ 11:29 - Alhoewel gisteraand se diefstal van n aantal komberse bygedra het tot die besluit om die reWOLusie-uitstalling vroeër af te haal is dit nie al rede nie. Die uitstallings sou tot volgende naweek gebly het, maar met veral die risiko van Covid-19 op ouer persone het van die wolbommers besluit om hulle skeppings eerder vroeër af te haal en by hulle huise op te sit. Al die stukke wat laasnag gesteel is, is ook terug gevind.
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die kleurvolle kunswerke van die Oudtshoorn reWOLusie word vandag afgehaal, nadat diewe laasnag 'n hele klomp gesteel het.
Die polisie het verdagtes gisteraand in Voortrekkerweg voorgekeer en 'n hele aantal gehekelde komberse by hulle gekry.
Die hekel- en breiwerk is voor die burgersentrum gesteel en 'n hele aantal bome in Hoogstraat is ook gestroop.
Die mense wat ure en ure aan die werk gewy het, gaan nou die kleurvolle skeppings in tuine by hulle eie huise ophang.
Die reWOLusie was die één oorblywende teken van die KKNK wat as gevolg van Covid-19 vrese gekanselleer is.
Kyk 'n video hieronder:
Vrywillegers het vanoggend begin om die hekelwerk can bome te verwyder.
Die reWOLusie was die één oorblywende teken van die KKNK wat as gevolg van Covid-19 vrese gekanselleer is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'