DYSSELSDORP NUUS - ’n Man van Dysselsdorp wat aan roof met verswarende omstandighede aangekla maar toe slegs aan diefstal skuldig bevind is, is in die Oudtshoorn streekhof vyf jaar gevangenisstraf opgelê.
Die 23-jarige Henrico Loggerenberg is daarvan aangekla dat hy op 18 Mei 2019 vir Geroniso Lewis in 'n spazawinkel in Gelantstraat, Dysselsdorp, met 'n mes gedreig en van R750 kontant beroof het.
Loggerenberg, wat in 2014 aan pogng tot moord skuldig bevind en toe tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis is, het onskuldig gepleit op die klagte van roof met verswarende omstandighede maar erken da thy Lewis se geld gesteel het.
Lewis het getuig dat sy nie met 'n mes gedreig is nie en eers die wapen gesien val het toe Logerenberg weggehardloop het met die geld.
Streeklanddreos Sylvia Mandla het met vonnisoplegging in ag geneem dat Loggerenberg skuldig gepleit en nog redelik jonk is.
Hy is aan diefstal skuldig bevind en ingevolge Art 276 (1) (i) tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis wat beteken dat hy na die uitdiening van ‘n sesde van die vonnis om parool aansoek kan doen.
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'