OUDTSHOORN NUUS - Die departement van indiensneming en arbeid in die Wes-Kaap (Department of Employment and Labour) gaan 'n reeks diensleweringsaktiwiteite in die Suid-Kaap begin wat ondermeer die verwerking van werkloosheidsversekeringsfondsaansoeke insluit.
Die departement kom ook na Oudtshoorn om inwoners te help met sekere dienste en sal Donderdag 1 Februarie tussen 09:00 en 15:00 by die Toekomsrus-gemeenskapsaal wees.
Die diensleweringsaktiwiteite gebeur as 'n opbou na 'n Werkskou wat vanaf 5 tot 6 Februarie in George gehou gaan word.
Volgens Jason Lloyd, Wes-Kaapse woordvoerder vir dié departement, is die Werkskou, 'n inisiatief wat deur die departement se tak vir openbare indiensnemingsdienste beywer word en poog hulle om geleenthede vir werksoekers te skep en 'n platform te bied om met voornemende werkgewers te kommunikeer.
Diensleweringsaktiwiteite
Lloyd sê die dienste wat gelewer gaan word, sluit die verwerking van werkloosheidsversekeringsfondsaansoeke (UIF), eisebeoordeling, die oplossing van UIF-navrae en die verwerking van beroepsbeserings en siekte-eise en -navrae in.
"Werksoekers sal ook onder andere dienste gebied word soos 'n geleentheid om hul CV's op die Employment System of South Africa (ESSA)-databasis te registreer, waardeur hulle met voornemende werwers gekoppel kan word."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’