DE RUST-NUUS - De Rust is Sondag aangewys as een van die naaswenners van die jaar se Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie.
Corleen Barnard, bestuurder van die Oudtshoorn- en De Rust-toerismekantoor, het gesê dat hulle trots is dat De Rust so ver in die kompetisie gekom het.
"Ons het die titel in 2011 gewen en om weer hieraan te kon deelneem, en weereens as finalis aangewys te word sê regtig baie van De Rust en wat ons alles het om te bied. Ons is dalk nie die algehele wenner nie, maar ons is die Wes-Kaapse se wenner en dit is iets waarvoor ons onsself op die skouer kan klop. Nie alle dorpe kry dít reg nie."
Heidelberg is as die jaar se wenner van Kwêla Dorp van die Jaar aangewys, en dit is ook die eerste keer wat 'n dorp in Gauteng die titel wen.
Dullstroom en Jansenville was die ander naaswenners.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’