DE RUST NUUS - Die De Rust-gemeenskapspolisiëringsforum tesame met die plaaslike buurtwag, junior kommissarisse en jeugforum het op Vrydag 19 Desember ‘n kinderbeskermingbewusmaking en sportdag by die gemeenskapsaal, en sportveld aangebied.
Departement sosiale ontwikkeling was die dryfveer agter die dag, asook plaaslike besighede wat ingekoop het vir die dag. Verversings en toerusting is ook geskenk vir die dag.
Die gevare van straatbedelary, dwelmmisbruik, misdaad en algemene lewensvaardighede is deur Ricardo Swart van die departement sosiale ontwikkeling en ao Maria Compion, De Rust-polisie, sigbare polisiëring met die kinders bespreek.
Na afloop van die amptelike verrigtinge het Klaas Booysen, voorsitter De Rust-gemeenskapspolisiëringsforum die sportprogram vir die dag gedryf.
Die dag is afgesluit met koue koeldrank en waatlemoen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’