CALITZDORP NUUS - Die De Krans-privaat kelder in Calitzdorp het in Augustus 'n hand vol toekennings ontvang. Twee van die landgoed se portwyne, die Cape Vintage Reserve 2015 en 2016, het CAPPA (die Kaapse portprodusentever-eniging) se Top-10 Cape Port-lys gehaal in vanjaar se Port- en Wyn-uitdaging. De Krans se Cape Vintage Reserve Port 2007 was een van drie wenners in die Museumklas, terwyl die De Krans Tritonia Calitzdorp Blend 2016 en die Touriga Nacional 2016 albei die lys vir die Top 10 Cape Portuguese-wyne gehaal het.
De Krans het ook sy titel as die Klein-Karoo se kampioen privaat kelder in die streek se jaarlikse Jongwynskou terug gewen.
Die landgoed het ook die toekenning, Beste in Klas, verower in kategorieë vir sy Viognier, Cape Vintage, Cape Ruby en Cape Tawny.
Die werk van Louis van der Riet, De krans se wynmaker, en sy span is beloon met vier goue medaljes op die 2018- Jongwynskou. Hierbenewens is De Krans ook aangewys as die wenner, by die at the 2018 Klein Karoo Jongwynskou in die kategorie algehele kampioenwyn vir sy Cape Vintage Reserve 2018, kampioen in die kategorie vir nie-muskaat/gefortifiseerde wyn en Reserve-kampioen in sowel die rooiwyn- as die witwyn-kategorieë.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Hessequa nuus'